Interhoër-swemgala

Tydens die Interhoër-swemgala, wat Maandag plaasgevind het, het Gimmies weer guts gewys!

Gimmies eindig algeheel tweede, met Hoërskool Rustenburg in die eerste plek en Bergsig in die derde plek.

Chazél Orton deel die junior Victrix Ludorum met ’n dogter van Hartbeespoort. Theo Ferreira is as die senior Victor Ludorum aangewys.

Baie geluk aan elke swemmer wat sy/haar heel beste gedoen het.

Janco Uys: 2 goud
Tiaan Rossouw: 2 goud
Anika Rossouw: 1 brons
Chazél Orton: 1 goud, 1 silwer
Jack Cameron: 1 brons
Conrad Jordaan: 2 brons
Sunél Smit: 1 goud
Reynard Rossouw: 1 silwer, 1 brons
Juandré Uys: 1 goud, 1 brons
Theo Ferreira: 1 goud, 2 silwer
Micha Kriek: 1 goud, 1 brons
William Slaughter: 2 goud, 1 silwer
Lindie Meyer: 1 brons