NWU-Prestige-sportreeks semifinaal

Baie geluk aan al die Gimmie-sportspanne wat tydens die semifinaal van die NWU-Prestige-Sportreeks Gimmie-guts gewys het.

Baie sterkte aan al die spanne wat Dinsdag en Woensdag in die finaal dit gaan uitspook. Ons weet dat elke span die skool sal trots maak.

Die volgende spanne speel vir posisie een of twee uit:
Junior skaak
Junior tennis
Junior seunshokkie
Senior seunshokkie
o/14A dogtershokkie
o/16A netbal
o/19B netbal

Die volgende spanne speel vir posisie drie of vier uit:
Senior skaak
Senior tennis
Eerstespan-hokkiedogters
Tweedespan-hokkiedogters