Gimmies se twee toneelstukke, Die Donkerkamer en Die lewe tussen blaaie, het verlede week aan die Noordheuwel Toneelfees deelgeneem. 24 toneelstukke is opgevoer en Gimmies het hul goed van hul taak gekwyt.

Baie geluk en ons is trots op julle!

Janco word as beste akteur en Xandri as beste aktrise genomineer. Die Donkerkamer het na die semifinaal, wat Saterdag plaasgevind het, deurgedring en onder die top 5 toneelproduksies geëindig.

Die volgende leerders ontvang sertifikate:
Janco Mouton- silwer vir spel
Xandri van Loon- silwer vir spel
Francois Wiid- brons vir spel
Eric Calitz- brons vir verhoogbestuur
Adriaan Minneé- brons vir klank
Lize van der Westhuizen- brons vir spel