Baie geluk aan die seuns wat tydens Noordvaal ware Gimmie-guts gewys het. Ons is trots op julle.
Gimmies eindig algeheel vierde tussen meer as 12 skole. Die o/14-span tree as Noordvaal-wenners uit nadat hulle teen Waterkloof gelykop een elk gespeel het en wen met “penalty shootout”.
Die o/16-span eindig sesde en die eerstespan negende.
Geluk ook aan Jan-Adriaan van Wyk wat as die beste doelskieter by die o/14’s aangewys is en FC de Villiers as die beste doelskieter by die o/19’s.
Hierdie was die matrieks se laaste wedstryd. Dankie dat julle ware Gimmie-karakter gewys het. Julle is ons trots.