Besigheid-simulasie-uitdaging

Baie dankie aan IMPACT wat gister die graad 10-besigheidstudieleerders aan die SNAP-Besigheid-simulasie-uitdaging laat deelneem het.

Die vier groepe het elkeen ’n scenario ontvang waar hulle die besigheid van bankrot tot winsgewend moes lei.

Die wenspan het elkeen ’n boek van die bekende entrepreneur, Marnus Broodryk, ontvang.