Mooi so, Megan!

Baie geluk aan Megan Prinsloo wat vanaf Mei 2018 tot Mei 2019 aan ’n fondsinsamelingsprojek in Washington deelgeneem en met die FLOW (Future Leaders of the World) junior leierskapstoekenning vereer is.

Megan se inisiatief is by verskillende universiteite en kolleges geïmplementeer en het die meeste fondse ingesamel.

Die fondse wat ingesamel is, is aan verskillende organisasies geskenk, onder andere die “Cystic Fibrosis Foundation” in Seattle.

Ons is trots op jou, Megan!