Baie geluk aan die volgende Gimmie-swemmers wat tydens die Noordwes-kortbadkampioenskappe uitstekend presteer het!
Hierdie byeenkoms is die afgelope naweek in Rustenburg aangebied.
Gimmies is bitter trots op julle.
Geluk ook aan Theo, Chazél, William, Tiaan, Janco en Juandré wat Noordwes-kleure ontvang het.
1. Janco Uys: 5 goue- en 2 bronsmedaljes. Hy ontvang ook die Noordwes-swem wisseltrofee vir junior Victor Ludorum.
2. Tiaan Rossouw: 5 goue-, 2 silwer- en 3 bronsmedaljes
3. Christiaan Jonker: een vierde, een vyfde en een sesde plek
4. Chazél Orton: 14 goue medaljes. Sy word as die beste dogterswemmer van haar ouderdom aangewys. Sy slaag ook daarin om ’n nuwe rekord vir die 200m-rugslag op te stel. Sy word ook as die junior Victrix Ludorum aangewys.
5. Jack Cameron: 1 goue-, 5 silwer- en 2 bronsmedaljes.
6. Micha Kriek: 2 goue-, 1 silwer- en 2 bronsmedaljes.
7. Juandré Uys: 6 goue- en 2 silwermedaljes.
8. William Slaughter: 8 goue- en 3 silwermedaljes.
9. Theo Ferreira: 1 goue- en 2 silwermedaljes.
10. Brendon Jacobsz: 5 silwermedaljes.
11. Anika Rossouw: een sewende en een negende plek