Baie geluk aan al die krieketspanne wat die naweek in die Noordwes-semifinaal gespeel het.
Die o/15A-span wen Hoërskool Wesvalia met 186 lopies. Die o/15B-span wen Hoërskool Wolmaransstad met 213 lopies. Mooi so, seuns! Albei die o/15-spanne speel Saterdag in die Noordwes-finaal.
Die eerstespan val ongelukkig teen Hoërskool Rustenburg vas en verloor met 31 lopies. Die tweede span verloor ongelukkig teen Ferdinand Postma se eerstespan met twee paaltjies.