Kan ons asseblief ’n groot applous vir die Gimmie-kamerkoor gee!
Die Kamerkoor eindig algeheel derde in die nasionale finaal van Sing in Harmonie en deel die plek met Hoërskool Generaal Hertzog.In die tweede plek was Ferrum High School van Newcastle en in die eerste plek Rustenburg Girls High School van Rondebosch in die Kaap.
Dit is fantasties om te hoor watter talent daar in die land is.
Dankie aan juffrou Loretté du Toit wat haar liefde en passie vir musiek met die leerders deel .
Dankie aan Sing in Harmonie wat hierdie wonderlike geleentheid aan ons Gimmie-leerders gebied het.
Julle is ons trots!