Gimmies se eerstespan het die naweek vir opwindende krieket gesorg en tree as Noordwes T20-wenners uit die stryd!
Baie geluk, seuns. Ons is bitter trots op julle. Geluk ook aan Martin Bullock wat oor drie wedstryde 165 lopies aangeteken het. Knap gedaan! Julle kan gerus vir die professionele spelers ’n ding of twee wys.
Gimmies speel Woensdag teen St. Stithians in die Lions Franchise-finaal. Sterkte, seuns!
Die uitslae is as volg:
Op Saterdag 22 Februarie speel hulle teen Volkies in die kwartfinaal. Weens die reën het hulle ’n verkorte wedstryd gespeel. Gimmies teken 56 lopies vir vier in vyf beurte aan. Volkies teken 53 lopies vir nege in vyf beurte aan. Gimmies wen met drie lopies.
Op Sondag 23 Februarie speel ons seuns in die semi- en kwartfinaal teen Hoërskool Lichtenburg en wen met agt paaltjies.
In die finaal teen KHS teken Gimmies 130 lopies vir een in elf beurte aan. KHS teken 127 lopies vir ses in 20 beurte aan. Caleb Seleka teken 33 lopies van 30 balle aan. Gimmies wen met nege paaltjies.