Gimmies sluit die atletiek op ’n hoë noot af!
Baie geluk aan die atlete wat tydens die NWU-Superinterhoër puik presteer het. Gimmies neem in die B-afdeling deel en eindig tweede. Gimmies het meegeding met skole soos Rustenburg, Nelspruit, KHS, Montana en Marais Viljoen.
Dit was ’n voorreg om deel te kan wees van so ’n dag.
Die o/19-meisiesaflos het ’n skitterende wedloop gehad. Die laaste aflos van hul skoolloopbaan het hulle oortuigend gewen.
Baie dankie aan die ouers wat getrou die skool en atlete ondersteun. Dankie vir julle moeite met die aandra van water, koeldrank en eetgoed. Ons waardeer julle baie.
Uitslae is as volg:
1. Kemptonpark 706
2. Gimmies 687
3. Randburg 661
4. Nelspruit 659
5. Klerksdorp 656
6. Montana 644
7. Rustenburg 585
8. Marais Viljoen 503
Baie geluk aan die volgende atlete wat goed presteer het:
1 eerste plek:
- Sandri van Rooyen
- Rico Leijenaar
- Wihan van der Merwe
- Adriaan van Wyk
- Armand Willemse
- Richter van der Merwe
- Wiané Joubert
2 eerste plekke:
- Phemelo Molale
- Karmen Fouché
- Jeané Visser
- Danielle Verster
- Lourens Jacobs