Baie geluk aan die Gimmie-tennisspan wat die afgelope naweek die GUTS (Gimmie Ultimate Tennis Showdown)-toernooi puik aangebied het.
Spelers van alle ouderdomme het per uitnodiging aan die toernooi deelgeneem. Gimmies se eerstespan (volgens ranglys) het ook hieraan deelgeneem en hul goed van hul taak gekwyt.
Baie dankie aan al die borge wat deel hiervan was: Tennis EPQ, Japie van Zyl Prokureurs, NWU, Milnex, Baseline Rackets, PVM, TNT, Nashua en Water purification. Dankie ook aan die laerskoolleerders wat baljoggies was. Dankie ook aan die ouers wat ondersteun en telling gehou het. Dankie aan Rouan Knoesen, Gimmies se biokinetikus, wat seer spiere behandel het.
Gimmies se uitslae is as volg:
Dogters:
- 5de plek: Mari-Louise van Zyl
- 11de plek: Anica Swart
- 14de plek: Anika van der Westhuizen
- 15de plek: Marjuzel Venter
- 16de plek: Jacqueline van Rooyen
Seuns:
- 7de plek: Jan-Hendrik Botha
- 13de plek: Michael van Rooyen
- 14de plek: Philip Botha
- 15de plek: Franco Naudé
- 16de plek: Rynard Botha