Die matriekprysuitdeling en erediens was beslis ‘n spoggerige geleentheid.
Dankie dat ons ten spyte van ‘n ongewone jaar julle steeds kon eer vir julle harde werk op akademiese-, sport- en kultuurgebied.
Ons harte bars van trots.
Dankie aan juffrou Rosemary Fouché en haar span vir al die reëlings. Dankie aan ds. Jackie van Rensburg wat ‘n besonderse boodskap vir die leerders en hul ouers gebring het. Dankie ook aan die oulike graad 1’s wat die matrieks so mooi gemotiveer het.
Die volgende leerders het individuele prestasies behaal:
Dux-leerder: Annemarie Hoffman
Senior sportdogter: Ruandi van Dyk
Senior sportseun: Philip Botha
Senior kultuurseun: Francois Wiid
Senior kultuurdogter: Annemarie Hoffman
Uitvoerende kunstenaar: Francois Wiid
Hoogste kultuurprestasie: Lara Badenhorst
Gimmie-guts: Melissa van Niekerk
Leierskap Gimmieraad Voorsitters: Elmarie Naudé en Francois Wiid
Gimmie-leerder: Annemarie Hoffman