2021, Gimmies is reg vir jou!

Welkom aan al die graad 8’s, nuwe leerders, huidige Gimmies en matrieks! Dit maak ons Gimmie-harte bly om weer al die vriendelike gesigte, al word dit onder maskers weggesteek, te sien. Daar heers ’n opgewondenheid onder die leerders en ons kan nie wag om te sien wat die Gimmies hierdie jaar gaan vermag nie. Graad 12’s, baie seën en voorspoed vir julle laaste skooljaar.