Gimmie-swemmers presteer

Baie geluk aan die Gimmie-swemmers wat die naweek van 26 Maart aan die SA-vlak 2 streekskampioenskappe in Kimberley deelgeneem en puik presteer het.

Madelé Harding verwerf 3 goue- en 1 silwermedalje en Marno van der Merwe verwerf 4 goue- en 3 bronsmedaljes.

Schalk de Vos, Janco Uys en Tiaan Rossouw verteenwoordig Gimmies by die SA-juniorswemkampioenskappe vir die noordelike streek in Germiston. Tiaan verwerf ’n silwer- en bronsmedalje en kwalifiseer ook vir die senior nasionale swemkampioenskappe. Ons is trots op elkeen van julle!

Sterkte met julle voorbereiding vir die SA junior- en seniorkampioenskappe wat in April in PE gaan plaasvind.

*Neem kennis dat die leerders se maskers slegs vir die foto afgehaal is.