GSOK se gholfdag

Welgedaan, GSOK! Julle verdien ’n groot applous vir die suksesvolle aanbieding van julle eerste gholfdag.

Die dag het gesorg vir goeie gees, lekker kos en uitstekende spel. Dankie aan elke speler wat die dag bygewoon het en elke besigheid wat vir opwindende watergate gesorg het. Danksy jou ondersteuning kan Gimmie-sport na nuwe en hoër hoogtes geneem word.

’n Besondere dankie aan die Gimmie-gholfdagkomitee wat aan die hoof van reëlings gestaan het, asook elke borg wat finansieel of in die vorm van pryse bygedra het. Ons het groot waardering vir elkeen van julle!

*Daar is aan alle Covid-maatreëls voldoen en maskers is slegs afgehaal vir die neem van foto’s.