SA-senior-atletiekkampioenskappe

Hiérdie drie Gimmies het hulle uitstekend van hulle taak tydens die SA-senior-atletiekkampioenskappe gekwyt. Ons hou julle dop en weet dat julle nóg hoër hoogtes gaan bereik.

Karmen Fouché verwerf twee silwermedaljes in hoogspring en verspring. Sy is tans 4de op die wêreldranglys vir hoogspring en 7de vir verspring.

Danielle Verster verwerf ’n goue medalje vir 1500m en is tans 16de op die wêreldranglys vir dié item.

Jeané Visser behaal ’n sesde plek in hoogspring.

*Neem kennis dat die leerders se maskers slegs vir die foto afgehaal is.