Gimmies het ’n propvol vakansieprogram gehad. Baie dankie aan die betrokke personeel en Gimmies wat die skool se naam hoog gehou het.Julle maak ons trots. Ons is opgewonde oor die sportseisoen wat voorlê.
Netbal:
Dorette Badenhorst, Protea-afrigter, Julene Meyer, afrigter van Namibië se nasionale span en Monique Reyneke, Protea-speler, het op 28 en 29 April ’n netbalkursus by Gimmies aangebied. Hierdie waardevolle kennis gaan beslis toegepas word!
Die eerste netbalspan het na Paarl Gimnasium getoer. Baie geluk met julle puik uitslae, dogters!
- Gimmies vs. Stellenberg, wen 38-33
- Gimmies vs. Drostdy, wen 27-15
- Gimmies vs. Outeniqua, wen 32-15
- Gimmies vs. Girls High, verloor 13-25
- Gimmies vs. Bloemhof, verloor 18-28
- Gimmies vs. Paarl Gim, verloor 26-34
Rugby:
Die eerste rugbyspan wen al drie hulle toerwedstryde. Baie geluk, seuns!
- Gimmies vs. Fochville, wen 21-7
- Gimmies vs. Allen Glen High, wen 40-10
- Gimmies vs. Birchleigh Hoërskool, wen 31-10
Seunshokkie:
Die eerstespan speel twee vriendskaplike wedstryde teen Hoërskool Pietersburg en wen die eerste wedstryd 2-0 en speel die tweede wedstryd gelykop, twee elk. Mooi so, seuns!