Dogterskrieket op die wen pad!

FB_IMG_1631553745722

Baie geluk aan die dogterskrieketspan wat Maandag teen Impala gespeel en die een na die ander ses geslaan het!

Die dogters wen met 111 lopies en Elandri Janse van Rensburg word as speler van die wedstryd aangewys. Gimmies teken 233 lopies na 20 boulbeurte vir slegs drie paaltjies aan.

Dankie aan GSOK (Gimmie-sport Ondersteunersklub) wat vir elke dogter in die span ’n grys keps gegee het. Dit word opreg waardeer!