Gimmies hou Kersfees!

248795240_2426470304164274_9131104494862406746_n

Liggies, Kersvader en Kersliedere het Gimmies vinnig in die feesseisoen-stemming gekry!

Op Woensdag 21 Oktober het Gimmie-vriende bymekaar gekom, lekker saamgesing en ’n aand onder die sterre geniet. Dankie aan almal wat dié inisiatief ondersteun het en ’n sagte speelding saamgebring het.

Dankie aan juffrou Loretté du Toit en haar span vir al die reëlings. Dit was ’n pragtige aand en gaan verseker ’n jaarlikse instelling word.