Matriekprysuitdeling

241575010_2427534684057836_7916766457056785789_n

Die matriekprysuitdeling en erediens was weereens ’n baie spesiale en spoggerige geleentheid.

Matrieks, dit was ’n eer om julle vir oulaas oor die verhoog te sien loop en te vereer vir harde werk, deursettingsvermoë en Gimmie-guts.

Mag elkeen van julle die boodskap van ds. Raubenheimer ter harte neem, so ook die graad eentjies se boodskap. Dit was ook spesiaal om vir meneer Roelof Oosthuizen, Gimmies se voormalige hoof, by die funksie te hê.

Dankie aan juffrou Rosemary Fouché en haar span vir al die reëlings en moeite. Gimmies waardeer dit.

Baie geluk aan die volgende leerders wat individuele prestasies behaal het. Ons is trots op elke matrikulant.

  • Senior Sportdogter: Sunel Smit
  • Senior Sportseun: Michael van Rooyen
  • Senior Kultuurseun: Janco Mouton
  • Uitvoerende kunstenaar: Janco Mouton
  • Senior Kultuurdogter: Wiané Joubert


Skildjies vir besondere prestasie in atletiek: Danielle Verster en Karmen Fouché
Leierskap: Gimmieraad-voorsitters: Jacqueline van Rooyen en Michael van Rooyen
Gimmie-leerder: Michael van Rooyen
Duxleerder: Michelle le Roux

Top 10:

  1. Elri Prinsloo, 86,9%
  2. Louis Fourie, 87,7%
  3. Wiané Joubert, 89,4%
  4. Jacqueline van Rooyen, 89,6%
  5. Rynard Botha, 90,9%
  6. Merice Swart, 91,3%
  7. Chloé Werkman, 92%
  8. Michael van Rooyen, 92,4%
  9. Emma Nel, 92,7%
  10. Michelle le Roux, 97%