2017:
Gimmies se Bergfietsspan het ‘n wonderlike 2017-seisoen beleef.

Vier leerders is in die Noordwes-span opgeneem en agt het aan die SA-skolekampioenskappe deelneem.

By die Spur nasionale wedren kom Gimmies se dogterspan eerste en in die gemengde kategorie derde.

Op individuele vlak was Danielle Strydom die SA-kampioen (junior) en Joné van Eeden derde (jeug o/15-dogters).


Gimmies se bergfietsryspan het algeheel die 3de plek behaal tydens die Spur Nasionalekampioenskappe.
Vlnr: Alan Hatherly (Spur), Joné v Eeden, Natasha Roets, Kirsten Pieters, Danielle Strydom, Stephan Terblanche, Brendan v Eeden, Lehan J v Vuuren en Ariane Lüthi (Spur). Armand v/d Merwe was afwesig met die neem van die foto.


Gimmies se dogters-bergfietsryspan het hul titel as SA-kampioene suksesvol verdedig deur vanjaar weer die Spur Nasionalekampioenskappe te wen. Vlnr:
Ariane Lüthi (Spur), Joné v Eeden (behaal ook die 3de plek in die jeug dogters-afdeling: o/15),
Danielle Strydom (behaal ook die 1ste plek in die junior dogters-afdeling) en Natasha Roets.

 


Danielle Strydom, Brendan v Eeden, Ryan Conradie en Marlize le Roux  het almal tydens die Dirt Max-bergfietswedren 1ste
plekke in hul onderskeie ouderdomskategorieë behaal.


 

 

 

 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com