Uit die hoof se kantoor

GeleŽ op die oewer van die Mooirivier lÍ die uitgestrekte terrein van Potchefstroom Gimnasium, ʼn skool met ʼn tradisie van uitnemendheid op alle terreine van opvoeding.

Ons is vervul met dankbaarheid teenoor Hom wat alles voorsien het, ouers wat geveg het vir die totstandkoming van die skool, geroepe onderwysers, leerders en ouers wat deur die jare onvermoeid help bou het aan Potchefstroom Gimnasium.

Gestig in 1907, is hierdie die oudste Afrikaansmedium hoŽrskool in die land. 108 jaar se bestaan het Gimmies ʼn tradisieskool gemaak waarop elke Gimmie ongelooflik trots is.

Die tradisie en atmosfeer wat van jou ʼn Gimmie maak, is ʼn erflating wat niemand van jou kan wegneem nie. Wanneer ʼn mens op die terrein rondbeweeg, word jy bewus van hierdie besondere gees.

Cachet (dogters) en Brandwag (seuns), die twee koshuise, verskaf verblyf aan 280 leerders regoor Suid-Afrika en ons buurlande. Skoolgeboue, kultuur- en sportgeriewe en moderne toerusting voltooi die prentjie.

Vir ons by Gimmies gaan dit oor die hoŽ verwagting wat elkeen aan homself stel, die geesdrif en passie, die verskeidenheid aktiwiteite, die geordende en gedissiplineerde skoolomgewing en die persoonlike geluk en geestelike welsyn van ons leerders.

Vandag streef Gimmies steeds na uitnemendheid en voortreflikheid en ons poog om die uitdagings met ons Skepper se hulp te hanteer en met vaste vertroue die toekoms tegemoet te gaan.

 
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Mnr. Roelof Oosthuizen

 

 

 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com