ASA Subjeug kampioenskappe
Baie geluk aan die volgende Gimmie-atlete wat vir die ASA Subjeug interprovinsiale kampioenskappe, wat op 23 November in Sasolburg gaan plaasvind, gekies is. Dogters: Lee-Ann Grobbelaar Riandi Boshoff Jana van der Merwe (afwesig op foto) Seuns: Phemelo Molale Rico Leijenaar Adriaan van Wyk (afwesig op foto) Tlotlo Phakedi Richter van der Merwe Daar was ook […]
Nasionale finaal Sing in Harmonie
Kan ons asseblief ’n groot applous vir die Gimmie-kamerkoor gee! Die Kamerkoor eindig algeheel derde in die nasionale finaal van Sing in Harmonie en deel die plek met Hoërskool Generaal Hertzog.In die tweede plek was Ferrum High School van Newcastle en in die eerste plek Rustenburg Girls High School van Rondebosch in die Kaap. Dit […]
Gimmies se hart loop oor …
Baie geluk aan elke Gimmie wat tydens die Herald/NWU se Sportster van die jaar-funksie vereer is. Dankie vir julle harde werk en dat Gimmie-guts altyd seëvier. Dankie aan die Herald en NWU wat hierdie wonderlike platform vir die leerders skep. SA-kleure: Judo – Renize Els Skaak – Anaïs Saayman Rugby – Keenan Twigg Atletiek […]
Junior Afrikaans-olimpiade
Baie geluk aan die volgende Gimmie-leerders wat tydens die Junior Afrikaans-olimpiade onder die top 20 van Noordwes geëindig het. Gimmies is trots op julle! Philip Human Juan-Naudé Aslett Annébell Meyer Marco Terblanché
Tennis Noordwes-proewe
Baie geluk aan die volgende Gimmie-tennisspelers wat tydens die Noordwes-proewe puik presteer het. Julle hou Gimmies se naam hoog! o/16: Anica Swart, 2de Jan Hendrik Botha, 2de o//19 Marjuzél Venter, 1ste Liezel Muller, 2de (afwesig op foto) MC Venter, 1ste Michael van Rooyen, 3de
Nasionale Wetenskap-olimpiade
Baie geluk aan Michelle le Roux, graad 10, en Anica Ueckermann, graad 8, wat tydens die nasionale Wetenskap-olimpiade ’n silwersertifikaat in onderskeidelik lewenswetenskappe en natuurwetenskappe verwerf het. Mooi so, meisies!
Fisiese wetenskap-olimpiade
Baie geluk aan Jonathan Vorster wat een van 33 leerders is wat aan uitduntoetse gaan deelneem om te bepaal of hy aan die internasionale Fisiese wetenskap-olimpiade in Vilnius, Lithuania in Europa, gaan deelneem. Daar lê nog ’n stywe opdraend voor, maar om deel te vorm van 33 graad 11’s is ’n puik prestasie. Sterkte, Jonathan, […]
Matriekprysuitdeling en kerkdiens
Die matrieks van 2019 het Donderdag 10 Oktober hul prysuitdeling en kerkdiens gehad. Hierdie geleentheid is seker een van dié spesiaalste geleenthede op die Gimmie-kalender. Matrieks, julle is ons trots. Mag die laaste deel van jul skoolloopbaan op ’n hoogtepunt afgesluit word. Gimmies weet dat elkeen van julle ’n pragtige storie het […]
Wiskunde-olimpiade
Baie geluk aan Jayden du Toit wat in Noordwes as kwintiel vier- asook algehele wenner van die graad 8 SAMF-wiskunde-olimpiade aangewys is. Mooi so, jou slimkop!
Op die Planke-toneelfees
Tydens die Op die Planke-toneelfees het Gimmies se akteurs weereens naam gemaak. Francois Wiid word as beste akteur, Janco Mouton as tweede beste akteur en Adriaan Minneé as beste klankman aangewys. Mooi so, manne! Gimmies is trots op julle.