Matriekprysuitdeling

Die matriekprysuitdeling en erediens was weereens ’n baie spesiale en spoggerige geleentheid. Matrieks, dit was ’n eer om julle vir oulaas oor die verhoog te sien loop en te vereer vir harde werk, deursettingsvermoë en Gimmie-guts. Mag elkeen van julle die boodskap van ds. Raubenheimer ter harte neem, so ook die graad eentjies se boodskap. […]

Gimmies hou Kersfees!

Liggies, Kersvader en Kersliedere het Gimmies vinnig in die feesseisoen-stemming gekry! Op Woensdag 21 Oktober het Gimmie-vriende bymekaar gekom, lekker saamgesing en ’n aand onder die sterre geniet. Dankie aan almal wat dié inisiatief ondersteun het en ’n sagte speelding saamgebring het. Dankie aan juffrou Loretté du Toit en haar span vir al die reëlings. […]

SA- skopbokskampioenskappe

Baie geluk aan Leonèze Liebenberg, ’n graad 8-leerder, wat die afgelope naweek aan die SA- skopbokskampioenskappe in Pretoria deelgeneem en puik presteer het. Sy verower ’n silwer- medalje in die kicklight-kategorie en ’n brons in die ligte kontak-kategorie. Sy behaal ook ’n vierde plek in die semikontak-kategorie. Mooi so, Gimmie is trots op jou.

Landlopers gaan SA’s toe!

Gimmies is baie trots op die volgende landlopers wat op 18 September aan die SA’s in Amanzimtoti gaan deelneem. Welgedaan, julle klomp langasems! o.14 Abbigail Viljoen Anchen Schutte Ruan van Niekerk Tihard Strydom o.15 Kayla Scheppel Alri Verster PC Schutte o.16 Ilane Herbst Luanke van As Rico Leijenaar Ryno Schutte o.17 Selma Kotzé o.23 Danielle […]