AFRIKAANS-SKRYFKOMPETISIES

Gimmies se talentvolle skrywers kry jaarliks die geleentheid om aan verskeie kompetisies deel te neem. Vanjaar is Louise-Mari Muller se gedig Chemo in die  SA-Akademie vir Wetenskap en Kuns se POORT-bundel opgeneem. Haar werk is as een van die tien bestes landswyd aangewys.

TAALBONDEKSAMEN

Die Taalbondeksamen is ʼn eksterne eksamen wat die taalvaardigheid van leerders in Afrikaans en Engels toets. Die Akademie vir Wetenskap en Kuns is betrokke daarby. Die standaard van die eksamen is op ʼn baie hoë vlak. Baie geluk aan die volgende leerders wat met eerste graad geslaag het: Danielle Badenhorst, Melinda Christodoulides, Carla Horn, Brenda Knipe, Irené Liebenberg, Elsabé Hoffman, Jaco Jordaan, Anmari van der Merwe en Cherise Keyser.

WETENSKAP EKSPO

Gimmies se jong wetenskaplikes het vanjaar uitgeblink tydens die ESKOM Wetenskap-ekspo. Suné Steenkamp en Carel Coetzee het deelgeneem aan die streeksekspo. Albei verwerf goue medaljes en word onderskeidelik aangewys as die beste seniordogter en -seun. Hulle word uitgenooi om aan die nasionale kompetisie deel te neem waar Suné ʼn bronsmedalje verwerf.

 

 

 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com