Die Oud-Gimmiebond is in September 1981 gestig met die oog op Gimmies se 75ste bestaansjaar sedert 1982. Marais Viljoen was die gasspreker tydens die stigtingsvergadering. Die Bondbestuur beywer hulle jaarliks vir die volgende:

• Vyf reünies vir 20-, 30-, 40-, 50- en 60-jaar. Die 5-jaargroepe tussen-in word ook genooi.

Nou betrokke by die prysuitdeling deurdat ‘n oud-Gimmie as gasspreker optree en dat erkenning aan Gimmies gegee word wat op nasionale- en internasionale vlak presteer.

Baie oud-Gimmies word d.m.v. Facebook opgespoor.

Die Oud-Gimmiebond staan onder die voorsitterskap van mnr. Johann Boshoff (082 458 6084) jcbtynw@absamail.co.za 

• Alle oud-Gimmies kan direk met Johann Boshoff in verbinding tree.
• Die skakelbeampte by die skool (vir byvoorbeeld reünies) is mev. Fina v Eck (082 931 5532) fveck@gimmies.co.za

 

 

 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com