Gimmies het vanjaar die derde Eisteddfod aangebied.

In 2013 was daar 300 inskrywings. Hierdie jaar het ons behoorlik uit ons nate gebars met meer as 1000 inskrywings!

Leerders van Potchefstroom- en omliggende skole, kon inskryf in verskeie afdelings. Vokaal, instrumentaal, (lig en ernstig), drama, met al sy verskillende onderafdelings, fotografie, visuele kuns en dans.

Vir een week lank ontvang Gimmies al hierdie deelnemers en na die beoordeling word ʼn aantal items saamgestel om ʼn mooi prestige-konsert te lewer. By hierdie geleentheid vind daar ook ʼn prysuitdeling plaas waar trofees toegeken word aan o.a. beste hoërskoolleerder, meeste inskrywing van een skool ens.

Dankie kultuurdepartement en veral me. Rosemary Fouché, die brein agter hierdie suksesstorie!
     
 

 

 


 

 

 

 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com