Gimmies bied:

• 9 spanne.
• Oefensessies (Maandae tot Donderdae).
• Top afrigters.
• PUK-Prestige-reeks deelname.
• NW-liga deelname.
• Noordvaal-deelname.
• Weeklikse astro-sessies (by NWU-PUK).
• Individuele afrigting.
• Blootstelling by klinieke.
• 1ste span neem tweejaarliks aan die internasionale hokkiefees in Kaapstad deel.

Dogtershokkie 2017

Al die dogterspanne het aan die PUK-Prestige-reeks deelgeneem en goue-, silwer-, sowel as bronsmedaljes verower. In die Noordwes-liga neem ons aan die Platinum-reeks vir grootskole deel. Hier vaar die dogters ook baie goed. Die eerstespan het gevorder tot in die kwartfinaal van die grootskole se Noordvaal-kompetisie. Die o/16A-span het in die finaal teen Menlopark speel en met ‘n silwermedalje weggestap. Ons is baie trots op hierdie dogters en afrigters, want hierdie is voorwaar ’n baie groot prestasie. Om by Gimmies hokkie te speel, is ‘n groot lekkerte. Dit beteken geleenthede, oefening, gespesialiseerde afrigting, sosiale ontwikkeling en vele meer vaardighede om die lewe voluit te kan leef.

Die PUK-Prestige-reeks is ʼn geleentheid om vir die NW-liga voor te berei. Hierdie reeks word deur sterk kompetisie gekenmerk en ons is trots op die dogters se prestasies. Gimmies tree elke jaar sterker uit die stryd. Die groot voordeel van hierdie kompetisie is dat al die spanne geleentheid kry om deel te neem. Die dogters speel ten minste ses wedstryde teen sterk skole alvorens die Noordwes-liga begin. Dié liga begin reeds tydens die PUK-Prestige-reeks. Die nege spanne wat in die Noordwes-liga ingeskryf het, het goed presteer. Drie van die vier A-spanne het aan die Noordvaal-kompetisie in Pretoria en Potchefstroom deelgeneem. Ons dogters staan nie ʼn tree terug vir enige van die ander groter skole in die kompetisie nie. Daar word baie lof ontvang vir goeie spelvaardighede en gedrag op en af van die veld af. Hierdie kompetisie vind jaarliks gedurende die langnaweek in Augustus plaas.

Ons gebruik is om soveel moontlike spanne tydens die April-vakansie na afrigtingsklinieke te neem vir spanafrigting en spanbouaksies. Hierdie jaar het die o/16A- sowel as o/15A-spanne aan die NWU-kliniek deelgeneem. Ons beplanning is om in 2018 al ons spanne na dié kliniek te neem. Die eerstespan toer George toe. Die afrigter van die eerstespan is Sulette Damon wat vir die Protea-span speel.

Op ʼn minder formele vlak neem die dogters ook aan die NWU se koshuis-somerliga deel. Dit word as ʼn geleentheid beskou om die spel te ontwikkel en dit net te geniet. Dankie vir almal wat help om ook soms tot laat in die aand tyd te verwyl om die kinders blootstelling aan bietjie meer senior hokkie te gee. Ons het hierdie jaar ook met groot opwinding en sukses ons eie GPL sevens hockey aangebied.

Laastens, maar nie die minste nie, is dit baie aangenaam om vir Jhenelle de Villiers geluk te wens met ‘n groot eer wat haar te beurt geval het met haar insluiting in die SA o/16-span. Gimmies is baie trots op haar.
 

Gimmies se 1ste hokkiespan is NW-kampioene 2017


vlnr: Caerie Bothma, Julianne du Plessis, Michelle de Beer, Johaneske de Lange en Mignon Huysamen (k). Alnr:
Minique Huysamen, Bea Labuschagne, Chandré Grobler, Shinné v/d Merwe, Lize Smith, Georgia Bothma, Nicolene Nel, Lizanne Scholtz en Lara Groenewald. Die span word afgerig deur me Sula Damons.

   
 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com