KOM ONTDEK EN VERBETER JOU HOKKIE-TALENT BY GIMMIES

Seunshokkie is ons passie. Meer as 80 seuns is deel van die hokkie-familie en die getal groei jaarliks. Alle seuns wat hokkie wil speel, word ontwikkel -‘n belofte wat ons maak en nakom. Seuns kan hokkie en rugby speel tot hulle goed genoeg is om vir die eerste span te speel - dan moet hulle kies tussen die twee sport soorte.

Gimmie-seunshokkie gee alle eer aan God vir ons prestasies.


Afrigters:

EERSTE SPAN – STEFAN COERTZEN
TWEEDE SPAN – STEFAN COERTZEN
0/16 A – DE WET COERTZEN
0/16 B – JASON LUKER
0/14 – PIET VAN WYK
 

Organiseerder - Soekie Coertzen 082 824 4187  |  Psigiese afrigter - Kobus du Plooy (NWU)
 

Laaste paar jaar se prestasies in 'n neutedop

Prestasie tydens Noordvaal as skool:
2012 – 1ste plek
2013 – 2de plek
2014 – deel 1ste plek
2015 – 3de plek
2016 – 3de plek

ANDER NOEMENSWAARDIGE PRESTASIES
2013 – o/16 WEN SA-SKOLE
2014 – o/16 3DE SA-SKOLE
2014 – 2de span is NOORDWES-NAASWENNERS
2015 – 2de EN o/16 B-SPAN SPEEL IN SEMI-FINAAL

AANTAL SEUNS IN NOORDWES-SPANNE:

2010 - 22 SPELERS (5 spelers in o/21 NW-span)
2011 - 32 SPELERS (3 spelers in o/21 NW-span)
2012 - 25 SPELERS (3 spelers in o/21 NW-span)
2013 - 17 SPELERS
2014 - 21 SPELERS
2015 – 20 SPELERS (2 spelers in o/21 NW-span)
2016 – 13 SPELERS (1 Speler in NW Manspan en NWU Manspan)

2016 - 5 SEUNSPANNE:

1STE, 2DE, o/16A EN -B EN o/14A


Die eerstespan word vir 2017 vir die vyfde keer uitgenooi na die TEAM SPORT internasionale toernooi waar net die beste spanne regoor die land en vanuit die buiteland deelneem.

Sonder ondersteuning, finansieel sowel as aanmoediging, sou ons spelers dalk nie die mas opkom nie. Ons bedank ons trotse borge en ons ouers wat altyd daar is en op wie ons altyd kan staatmaak.

ONS BORGE IS:

ROMANS EN VERSKEIE OUERS.

SPELERS, BAIE DANKIE DAT JULLE GIMMIES SO TROTS MAAK!

BEPLANNING VIR 2017

1. Toer na KAAPSTAD.
2. Klinieke by NW-Universiteit, Menlopark en Krugersdorp High.
3. Oefenkampe vir alle spanne .
4. Vriendskaplike wedstryde teen o.a. Menlopark, Garsfontein, Krugerdorp High, Affies en Grey College.
5. Dr Kobus du Plooy prestasie afrigting-sessies.
- Die program wat hy gebruik word onder meer by die Leeus- en NWU rugby gebruik. Die Springbokke gebruik ook in 2016 hierdie program.
6. Kobie Jonker (fisioterapeut) wat 2 keer per jaar spelers evalueer en programme uitwerk vir o.a soepelheid en voorkoming van beserings.

 

   
   
   
   
   
   
   
   
 

 

 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com