Nasionale Koorakademie/Noordwes-Jeugkoor

Die Nasionale Koorakademie se Noordwes-Jeugkoor (13-19 jariges) wen vanjaar ‘n internasionale koorkompetisie in Spanje. Hul verower twee eerste plekke in die choral pop- en tradisionele-kategorie en ook twee tweede plekke vir kerk- en akademiese musiek.

Die harde werk van die begin van die jaar, wat twee kampe ingesluit het, is beloon. Daar is min aktiwiteite wat soveel ure en deursettingsvermoë vereis. Die lede kom elke Vrydag vir vyf uur se oefening in Potchefstroom bymekaar. Daar is ook heelwat oefeninge op Saterdae en ook al die optredes. Vanjaar se program was baie vol.

Spanje was ‘n belewenis. Koorlede het baie van die geskiedenis en kultuur van die land geleer. ‘n Hoogtepunt was die toer na en sing in die mees belangrike Basilica. Dit is ‘n welbekende feit dat die meeste kore begeer om by Montserrat op te tree. Die klank binne-in die kerk, wat bo-op ‘n bergpiek is, was ongelooflik mooi en deel van die prys vir hierdie besondere koor.

Terug in Suid-Afrika was hul weer voluit aan die gang met die nasionale Jeugkoor-kursus en simposium as deel van die Aardklop-kunstefees. Dit is die enigste geleentheid wat Jeugkoor-sangers bymekaar kan kom vir VYF dae van teorie en praktiese ondervinding wat verseker die ekwivalent van SA-kleure kan wees.

Die koor is ook by‘n gemeenskapsprojek betrokke.
Vir verdere inligting skakel 0824407002 of e-pos starr@iafrica.com


Voor: Dollah Kilimane, Zanné Maree, Reuben Smit, Fanie Duminy, Victor Mouton, Christi Olivier
2de: Zenita Botha, Melissa van Niekerk, Estian Thomas, Janco Mouton, Daniël van Wyk, Animé du Plessis
Afwesig: Amanda Viljoen
 

   
Voor - Reuben Smit, Fanie Duminy, Yannic Maree, Estian Thomas
2e ry - Christi Olivier, Zanné Maree, Benné Vosser, Animé du Plessis
Nasionale Jeugkoor - kursus en-simposium (SA Klere)
Voor - Bernice Klopper, Carla Redelinghuys
2e ry - Elsabe Hoffman, Kristi Swanepoel, Sabine Peters
Noordwes-Jeugkoor
   

Voor - Reuben Smit, Victor Mouton, Yannic Maree, Estian Thomas
2e ry - Zanné Maree, Animé du Plessis, Benné Vosser
Noordwes Jeugkoor
   
   
   
   
 

 

 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com