By Gimmies kry dogters ook die geleentheid om krieket te kan speel.

• Ons speel in die A-liga van NW.
• Provinsiale speelster (lid van die personeel) behartig afrigting.
• 1 NW-speelster.
• Oefeninge en wedstryde vind weekliks plaas.

2017:
Potchefstroom Gimnasium het vanjaar baie hoogtes bereik. Ons het die jaar begin met die Finsburry-krieketreeks. Ons eerstespan het vier uit die vyf wedstryde gewen en ons o/15-span het ook net een wedstryd verloor. Ons eerstespan toer vir die eerste keer na Port Elizabeth vir die Pam-Golding Festival waar ons seuns uitstekend gevaar het en skole soos Muir College , Pearson High , Greame College en Hudson Park gemaklik gewen het. Ons het net teen Grey High verloor.

In die liga het ons die geskiedenisboeke herskryf deur twee spanne in die Noordwes-tweede liga in te skryf. Ons o/15A- en C spanne speel almal in die Noordwes-semifinaal. In die senior liga het ons spanne in elke Noordwes-finaal gespeel. Ons eerstespan verloor in die finaal. Die tweedespan eindig derde in die Potchefstroom-liga. Die derdespan wen die Noordwes-tweede liga. Die vierdespan wen ook die Noordwes-derde liga.
Ons het ook ses seuns in die Noordwes o/17-span en een seun in die Noordwes o/18 span.

Ane van Wyk is in die Noordwes dogters o/19-span opgeneem.

Die krieket begin ook vanjaar die Gimmies Premier-liga waar 54 seuns teen mekaar gespeel het.

Die 2017-krieketseisoen kan as uiters suksesvol beskryf word.
 
     

   
   
 

 

 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com