Welkom by Gimmie-krieket. Hier bied ons jou die
geleentheid om jou volle potensiaal op die
krieketveld te bereik. Ons speel alreeds in die
1ste kwartaal krieket.
• 4 juniorspanne.
• 3 seniorspanne.
• Krieketakademie sedert 1999.
• 4 juniortoere per jaar.
• 2 seniortoere per jaar.
• Top gekwalifiseerde afrigters (2 provinsiaal).
• 2 krieketvelde.
• Grasnette.
Ons
seuns neem aan die Finsbury-krieketreeks deel en
die eerstespan wen die B-afdeling vir ʼn tweede
jaar in ʼn ry. Die graad 10- en 11-leerders toer
na Port Elizabeth en vaar baie goed by die Pam
Golding festival. Ons het ook die jaar vier
seuns wat opgeneem is in die Noordwes o/18-span
en drie in die Noordwes o/17- span. Marco Jansen
maak ook die jaar sy buiging vir die senior
Dragons-span teen Gauteng in die CSA-finaal.
KRIEKET
PRESTASIES:
Ware Gimmie-guts!
Tydens die vakansie het Marco Jansen in
Stellenbosch vir die Highveld Lions se o/19-
krieketspan gespeel, waarna hy as een van die
o/19-Protea spelers wat na Indië toe gaan,
aangewys is.
Marco het van 2016-2018 vir Gimmies se eerste
krieketspan gespeel. In 2018 was hy dié span se
kaptein. Hy is ook in die volgende krieketspanne
ingesluit:
- Noordwes o/19
- Noordwes Dragons
- SA-skole Colts
- SA o/19
Baie geluk, Marco, Gimmies is trots op jou.
|