Die afgelope jaar het Gimmies se landloop weer van krag tot krag gegaan. Dertien atlete is vanjaar gekies om aan die SA-kampioenskappe in Middelburg te gaan deelneem.

Die seisoen het vanjaar uitstekend begin. Gimmies se landloop-aflosspanne het hulle goed van hulle taak gekwyt tydens die PUK-Prestige-reeks waaraan 16 skole deelgeneem het.

Hier wen die juniormeisie-span brons en eindig die juniorseuns sesde wat die algehele tweede plek aan Gimmies besorg. Die senior meisies eindig vierde en die seuns vyfde wat ʼn algehele derde plek aan GIMMIES besorg. Hierdie puik prestasie voorspel verseker ʼn opwindende landloopseisoen.

LANDLOOP 2017

15 DEELNEMERS
PLEKKE VEROWER TYDENS 9 BYEENKOMSTE;
1ste plekke ; 17
2de plekke; 7
3de plekke; 3

Medaljes tydens NW Kamp. Goud 1,silwer 1, brons 1.

NW span vir S.A.Kamp 10. Die landlopers se plekke verower tydens S.A.Landloop kampioenskappe verskyn tussen hakies.

14 JR - Danielle Verster (6de), Sunel Smit(onttrek), Michelle Hamman (74)
14 JR S - George Kotze (99), Gerrit de Kock (75)
15 JR M – Leonore Lubbe (33)
16 JR M – Jhenelle de Villiers (34)
16 JR S – Abrie Kruger (64)
17 JR M – Gia Sada (55)
19 JR M - Lene de Kock (33)
 
   
   
   

 

 

 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com