Gimmies hou
jaarliks ʼn baie lekker glansaand om Mnr.
en Mej. Gimmie te kroon. Tydens hierdie
geleentheid ontvang Gimmies altyd ʼn
bekende in die vermaaklikheidsbedryf om
nog meer kleur aan die aand te gee.
By Gimmies mag enige leerder aan hierdie
geleentheid deelneem. Die repetisies is
gewoonlik baie pret. Die hele aanbieding
is geskoei op pret en geensins die
formele, stresvolle kompetisie nie.
Dis verstommend hoe deelnemers tydens
repetisies kreatief werk aan hul eie
loopplankroetines.
Die geleentheid is vrolik, kreatief en
gesellig. Klem word geplaas op pret en
dat deelnemers altyd Gimmie-wees
uitbeeld.
Baie geluk aan 2019 se Mnr. en Mej.
Gimmie, Zander Kirstein en Kaila
Lamprecht.
Mnr. Gimmie 2de prins - Vian Terblanche
Mnr. Gimme 1ste prins - Benic van
Onselen
Mej. Gimme 2de prinses - Aimee Jantjies
Mej. Gimmie 1ste prinses - Koketso
Chigazana
Mnr. Gimmie, junior, word gedeel deur
Janco Mouton en Roan Cronje. Mej. Gimmie,
junior, is Nadia Ouwencamp.
Mnr. Gimmie 2de prins - Bernard Kock
Mnr. Gimmie 1ste prins - Hendrik Nel
Mej. Gimmie 2de prinses - Lieschen
Beuken
Mej. Gimmie 1ste prinses - Laura Kruger
Tiaan Brandt en Mia Schutte was aangewys
as Mnr. en Mej. Persoonlikheid.
Dit was voorwaar ’n spoggerige
geleetheid. Dankie aan ons gasaanbieder,
Sean van Noordwyk!
|
|
 |
 |
|