Potchefstroom Gimnasium se Musieksentrum is ʼn dinamiese sentrum wat daarna streef om musiekopvoeding van die hoogste kwaliteit aan te bied. Daar is ʼn entoesiastiese span onderwysers wat ʼn groot verskeidenheid instrumente aanbied. Lesse word in ʼn positiewe en ontspanne atmosfeer aangebied en leerders van alle ouderdomme is welkom.

Ons leerders presteer gereeld in eksterne musiekeksamens van UNISA, ABRSM en Trinity College, by kunstefeeste, musiekkonserte en informele optredes. Daar word ook teorieklasse aangebied vanaf beginner- tot gevorderde stadium.

Ons moedig ensemblespel aan in die vorm van stryk-ensemble, ʼn blaasorkes, slagorkes, verskeie duette, trio’s ensovoorts. Dit is vir ons belangrik om vir leerders ʼn platvorm te gee om hul musiek met ander te deel. Heelwat opwindende optredes word jaarliks beplan.

Die volgende instrumente word aangebied: klavier, pyporrel, klawerbord, sang, fagot, elektriese kitaar, dwarsfluit, klarinet, saksofoon, klassieke kitaar, ligte kitaar, viool, tjello, blokfluit en tromme.


Musieksentrum Personeel
Voor: Arlene Pieterse (sang), Anja Viljoen (klavier en blokfluit), George Fazakas (dwarsfluit), Margaretha Kirsten (klavier en Unisa-teorie),
Vanessa Badenhorst (klavier en Abrsmteorie), Izelle Claassen (viool en Impromptu)
2de: Gerrit van Rooyen (tromme), Ian Grewar (viool), Anton Taute (saksofoon), Chris Norwie (kitaar en Unisa-teorie),
Charles Oliver (tjello), Wilhelm Meyer (kitaar en Unisa-teorie), Elfie de Kock (klavier)
Afwesig: Rineke Viljoen (klavier en Unisa-teorie), André Oosthuizen (sang en Impromptu)

   
   
 

 

 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com