By Gimmies kan ons behoorlik doele gooi! Gimmies se netbal presteer besonder goed.

Ons bied jou:

• Puik afrigting en klinieke.
• 13 spanne.
• 9 weervaste bane onder spreiligte.

NETBAL 2017

PUK-Prestige-wenners:
o/14A-, o/15A-, o/17A- & B en eerstespan.
o/14B- was tweede en o/16A- & B was derde.

Ligawenners:
o/14A- & B, o/15A-, o/17A- & B en die eerstespan.

NW-wenners:
o/14A-, o/15A-, o/17A- en eerstespan.
Vier spanne gaan na die SA Schools Championship wat van 4-6 Augustus by EG Jansen in Boksburg gehou is.
o/14 speel in die finaal teen Affies en verloor met 1 doel.
o/17 speel in die finaal teen Affies en wen 18-12.
Die eerstespan eindig 6de en o/16 19de.

Gimmies is algeheel as die TWEEDE beste netbalskool in SA aangewys.
Affies is eerste met ‘n 1000 dogters meer as ons.
 

Netbal-organiseerder - Rona v Wyk. E-pos adres:  rona@gimmies.co.za

   

PRESTASIES

Gimmies se o/15A-netbalspan is tweede in die wêreld!
Ons netbaldogters het hul staal tydens die International Youth Netball Challenge, wat van 24-30 November 2018 in Singapoer plaasgevind het, getoon. Die dogters het uiters hard gewerk om tydens die uitspeelrondtes eerste in hul poel te eindig. Gimmies het onder andere vir Nieu-Seeland in die uitspeelrondtes gewen, wat nog nooit in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gebeur het nie.

Dit was werklik dié mooiste wedstryd wat die dogters nog gespeel het. Nadat Gimmies in die semifinaal met 22 punte teen Australië gewen het, was die einde in sig. Die dogters se lywe was moeg, maar hulle was gemotiveerd om hul beste in die laaste wedstryd te gee. Tydens die finaal het Nieu-Seeland hul bes probeer om Gimmies te laat opgee, maar hulle het nooit moed opgegee nie. Met slegs drie minute van die laaste kwart oor, het hulle teruggeveg en nadat hulle agt doele agter was, verloor hulle met slegs een doel.

Briljante netbal is tydens die toernooi gespeel en ons span het ‘n pragtige silwermedalje huis toe gebring, asook die titel as naasbeste o/15-netbalspan in die wêreld. Gimmies het die beste van die Suid-Afrikaanse spanne gedoen. Ons is baie trots op dié netbalspelers!

 

 

 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com