TAALBONDEKSAMEN 2017

Die taalbondeksamen is ‘n tweetaligheidseksamen waarvoor leerders van graad 8 tot 12 kan inskryf. Dit word deur die SA Taalbond georganiseer en die leerders ontvang ‘n sertifikaat wat sy/haar standaard van tweetaligheid in twee van ons landstale bevestig. In 2017 het 45 Gimmies met goeie gevolg aan die eksamen deelgeneem.


WISKUNDE-OLIMPIADE 2017


Tagtig seniors (graad 10-12) en juniors (graad 8-9) het vir die eerste rondte van die Suid-Afrikaanse Wiskunde-olimpiade ingeskryf. Uit hierdie groep het 31 leerders gekwalifiseer vir en deelgeneem aan die tweede rondte.

Die volgende leerders het goed presteer in die tweede rondte:

Juniors: Inge le Grange, Michelle le Roux, Annemarie Hoffman, Jonathan Vorster en Rozanne van Abo.

Seniors (graad 11 en 12): Henco Brink, Daniël Walker en Lené de Kock.


REKENINGKUNDE-OLIMPIADE 2017


Die professionele liggame SAIGR en SAIPR bied jaarliks dié olimpiades aan.

SAIPA (Suid-Afrikaanse Instituut van Professionele Rekenmeesters) het in 2017 vir graad 11- en 12-leerders die geleentheid gebied om aan ’n landwye olimpiade deel te neem. Vir die graad 11’s was dit die eerste geleentheid. Die deelnemers aan die eerste rondte moes ’n minimum van 75% behaal om te kan deurdring na die tweede rondte. Gimmies het 6 graad 12-leerders en 5 graad 11-leerders gehad wat aan die tweede rondte deelgeneem het. Dié Gimmies presteer uitstekend. Lené de Kock word as die Noordwes-wenner aangewys en Laura Botes behaal ’n derde plek in Noordwes in die graad 12-kompetisie. Chandré Grobler kom tweede in Noordwes in die graad 11-kompetisie.

SAIGR (Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters) bied ’n olimpiade aan waar ’n groep van 15 leerders van graad 9 en graad 12 moet deelneem wat hul verder wil bekwaam in die Rekeningkunde-beroep. Gimmies presteer uitsonderlik. Lené de Kock (graad 12) word as die Noordwes-wenner aangewys en ontvang ‘n kontantprys. Stefan Schoeman is ook die Noordwes-wenner in graad 9. Gimmies is met reg trots op die Rekeningkunde-leerders.

AFRIKAANS-OLIMPIADE 2017


Vanjaar het ongeveer 60 Gimmies met goeie gevolg aan die Afrikaans-olimpiades deelgeneem. In die seniorafdeling was Daniël Walker die provinsiale wenner. Dis die derde jaar wat hy hierdie skitterende prestasie behaal. Gimmies is voorwaar trots op hierdie prestasie.

ABSA WȆRELDKENNIS-OLIMPIADE 2017


In die Wêreldkennis-olimpiade het Josua Visser in gr. 12 die beste gevaar met 65,29%. Drie gr. 8- en 9-leerders het merietesertifikate ontvang.(60% en meer).

WETENSKAP-OLIMPIADE 2017

Hierdie jaar het ons in die Bio Science-olimpiade slegs aan die Lewenswetenskappe- en Natuurwetenskappe olimpiades deelgeneem. Die Top 10-uitslae van elke skool se gemiddeld word geneem en daarvolgens het Potch Gimnasium nasionaal met ‘n gemiddeld van 57,6% sewende geëindig. Een en dertig Gimmies het deelgeneem. Vier leerders het bronssertifikate ontvang omdat hulle 60% behaal het: Jeanetta du Toit, Marilet Hamilton-Attwell, André Pretorius, Lené Prinsloo. In die Natuurwetenskap-olimpiade het twee leerders goue sertifikate (80%+), ses leerders silwer- (70%+) en drie leerders bronssertifikate(60%+) verwerf.

VERBRUIKERSTUDIE-OLIMPIADE 2017

Een en dertig van Gimmies se leerders het aan die Verbruikerstudie-olimpiade deelgeneem. ‘n Totaal van 3089 leerders het nasionaal deelgeneem. Al Gimmies se leerders slaag met goeie gevolg.

Anchen Badenhorst (graad 12) eindig top 5 nasionaal en is die Noordwes-wenner. Estelle van Tonder is die graad 11 nasionale kategoriewenner.

Annien Müller( graad 12) eindig 20ste en Milandré Stafford , Christi Olivier en Anri Venter onder die top 100 nasionaal.

Baie geluk, Gimmies is besonder trots op julle!

 

 

 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com