RUGBY
Potchefstroom Gimnasium se rugby dateer so ver terug as 1907. Oud-Gimmies wat Springbokke geword het, is Piet Malan, Johan v/d Schyff en Theo van Rensburg. Nog ‘n oud-Gimmie wat puik op die rugbyveld presteer het, is Jacques Botes van die Sharks wat die rekord hou vir die meeste Curriebeker-wedstryde wat deur ‘n speler gespeel is. Vanjaar het Gerhard Steenekamp die Junior-Springbokke by die o/20-węreldbeker in Georgië verteenwoordig.

Prestasies in 2017:

XV-MANKODE

Gimmies eindig algeheel 4de in die rugby van die Puk-Prestige-reeks (10 spanne van die deelnemende 16 skole in berekening gebring). Die 3de span is PUK-Prestige-wenners.

• 5 spanne speel in die Luiperds-finaal.
• 3 A-spanne dring deur na die Virsekerbeker kwalifiserende rondte, die meeste van al die Luiperds-skole.
• 13 seuns word vanjaar vir verskeie Luiperds-spanne gekies, waarvan 5 vir die Cravenweekspan.
• Die 1ste span word in die semifinaal van die Virsekerbeker uitgeskakel. Dit is die span van al die Luiperds-grootskoolspanne wat die verste gevorder het.
• Die o/15A- en o/14A-spanne word in die kwalifiserende rondte van die Virsekerbeker uitgeskakel.

SEWES
• Die senior (o/17-) sewesspan is Luiperds-kampioene.
• Die junior (o/15-) sewesspan eindig derde in die Luiperds-streek.
• Die o/17’s verloor in die finaal van die Gimmie-toernooi teen die Luiperds, terwyl die o/15’s ook in die finaal verloor het.
• Beide die sewesspanne verloor in die Swartruggens-toernooi in die finaal teen die Luiperds.
• Die senior sewesspan gee baie goeie rekenskap van hulself tydens die Noordvaal-toernooi.
• 3 seuns word vir die Luiperds o/17-sewesspan gekies. Ongelukkig moes 1 seun onttrek a.g.v. ‘n besering.
• Anelka Barends is deel van SARU se o/17-sewesoefengroep.

   
 

 

 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com