Die Sasima is die amptelike skoolkoerant van Potchefstroom Gimnasium en bied aan leerders die geleentheid om kennis te maak met joernalistiek en bemarking. Die redaksielede bestaan uit graad 8 tot 12-leerders. Die leerders kry die geleentheid om hulle kreatiwiteit en vaardighede te ontwikkel ter verryking van hulself en die skool.

Tans is daar ongeveer 25 redaksielede en Katelynn Snyman is redaktrise. Me. M Prinsloo is die organiseerder. In 2017 verskyn daar Ďn Sasima in Junie en in Desember. Daar is 10 000 kopieŽ gedruk wat as aanhegsel in die Herald verskyn het. Daar was vanjaar ook weer opleidingsgeleenthede. Dit is deur Kreativmedia Hub hanteer en ons leerders is onder andere opgelei om bladuitleg te doen, onderhoude te voer en goeie berigte en koppe te skryf. Dit het goeie vrugte afgewerp en die redaksielede se skryfvermoŽ verbeter jaarliks.

Die skoolkoerant het aan die BEELD se nasionaleskoolkoerantkompetisie deelgeneem en soos volg presteer:
- Derde plek in gedrukte koerante in die noordelike streek (Gauteng,Kwazulu-Natal, Noordwes,Mpumalanga en Limpopo).
- Derde plek digitale nuuswerwe in die noordelike streek.
- Nasionaal: sesde.
 


Voor: Christi Olivier, Linde Kriel, Katelynn Snyman (red), me. Mizelle Prinsloo (voog), Anchen Bisschoff, Petra van Graan
2de: Lize Jonker, Francois Wiid, Reuben Smit, Anri Venter, Gerdonť Janse van Rensburg, Jhenelle de Villiers
3de: Reinette Botha, ZoŽ Labuschagne, Mia Schutte afwesig: Lanique Blignaut (fotograaf), Kelci Pistorius

 

 

 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com