2017 was ‘n goeie jaar vir skyfskiet. Ongeveer 40 skuts het vanjaar aan die skoolproewe deelgeneem. Van die nuwe skuts is daar 14 o/14-skuts. Die aantal skuts per ouderdomsgroep is as volg: o/14 -16; o/16 - 6 ; o/21 - 8. Hierdie is ‘n totaal van 30 skuts.

Daar was 6 ligawedstryde deur die jaar en Gimmies het twee van die ligas met groot sukses aangebied. Die finale proewe was van 4-6 Augustus in Fochville, waar 14 van ons skuts deelgeneem het. Die volgende skuts het NW-kleure verwerf en het gedurende die Oktober-vakansie aan die nasionale kampioenskappe in Kwazulu-Natal deelgeneem.

o/21
Hermé Nel - ook trofee vir hoogste telling in Lę-dissipline 98/200
Carmi Snijman, Inč Vosloo
Yannic Maree- ook trofee vir Beste Opkomende skut 2017 – 9%

o/16
Michael Botha- ook trofee vir hoogste telling in Lę-dissipline 194/200
Janu Brand

o/14
Nadine Nel - ook trofee vir hoogste telling in Knieldissipline 173/200
Hananje Fourie

Ons is baie opgewonde oor 2018. Tydens die Opedag was daar ongelooflike belangstelling en daar is geen skut wat in 2017 geskiet het wat gaan ophou in 2018 nie.
   
   

 

 

 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com