Interhoër
Lichtenburg het in Februarie die Interhoër-swemgala by Potchefstroom Dam aangebied. Gimmies het tweede geëindig. Botha du Toit is as die senior Victor Ludorum aangewys.

Interskole

Hierdie jaar is die gala deur Girls High aangebied. Gimmies se seunspan het die tweede plek behaal en die meisiespan ʼn derde plek. Gimmies kom dus algeheel tweede. Ons is baie trots op Jana van Rheede van Oudtshoorn (beste o/14- meisie), William Slaughter (beste o/15-seun) en Aldin Bothma (beste o/16-seun). William Slaughter is ook as junior Victor Ludorum aangewys. Die ander deelnemende skole was: Girls High, Curro Klerksdorp, Rustenburg, Ferdinand Postma, Potch Boys High en Volkskool.

Interhuis

Hierdie kompetisie het gedurende Oktober plaasgevind en die Pikke het as wenners uit die stryd getree. Jana van Rheede van Oudtshoorn en William Slaughter is onderskeidelik as junior Victrix- en Victor Ludorum aangewys. Irna Groenewald en Botha du Toit is onderskeidelik as senior Victrix- en Victor Ludorum aangewys.

Vlak 3

Die volgende leerders het Vlak 3 geswem: Annien Müller, Jana van Rheede
Van Oudtshoorn, William Slaughter, Botha du Toit, Juandré Uys, Micha Kriek.

Noordwes-kleure

Ons is baie trots op die volgende leerders wat Noordwes-kleure verwerf het: Reynard Rossouw, Theo Ferreira, Micha Kriek, Annien Müller, Botha du Toit en William Slaughter.

Junior nasionale span

Theo Ferreira en Reynard Rossouw is vir die junior nasionale swemspan gekies. Baie geluk!
 


 

   
 

 

 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com