Aan die begin van die jaar blom die liefde veral teen 14 Februarie. Dis is wanneer Gimmies elke jaar ʼn Valbal aanbied. Rokke word gemaak, hare gedoen en ure word voor die spieŽl deurgebring vir die spesiale funksie. Hierdie jaar is al die kaartjies uitverkoop en die Bal het letterlik uit sy nate gebars.

Geen graad 8- of 9-leerders word toegelaat nie, aangesien die plekke beperk is.

Roots was die ideale plek vir die aanbied van die funksie en almal het baie lekker gedans en geŽet. Die leerders sien baie uit na volgende jaar se Valbal en baie het al klaar kom vra wanneer kaartjies beskikbaar is.

 
   
 

 

 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com