NWU-Prestige-sportreeks teen Jeugland
Baie geluk aan al die sportspanne wat Dinsdag en Woensdag teen Jeugland gespeel het. Gimmies het hul uitstekend van hul taak gekwyt en 25 uit die 34 wedstryde gewen. Baie geluk, ons is trots op julle! Rugby: o/14A 0-22 o/14B 12-28 o/15A 19-17 o/15B 31-14 o/16A 36-10 o/16B 50-0 1ste 15-26 2de 12-24 3de 21-31 […]
Tweekamp
Mooi so Anika! Tydens die provinsiale tweekamp-byeenkoms het Anika Rossouw ’n derde plek behaal. Ons is trots op jou!
Tennis
Vyf van die vier en twintig tennisspelers in die Noordwes-spanne, is Gimmies. Dit is ‘n groot prestasie. o/19: MC Venter Liezel Muller Roney Yssel o/15: Marjuzel Venter Anica Swart Baie sterkte met die SA-toernooi wat van 16 tot 19 Maart in Pretoria plaasvind.
Gimmies se eie ballerina
Elsabe Potgieter is deur Brussel Internasionale Ballet gekeur om tussen Julie en Augustus ’n somerskool by Don Bosco Internaat by te woon. Sy sal ook die geleentheid gebied word om saam met die Brusselse Balletgeselskap op te tree. Tydens die Julie-vakansie sal Elsabe ook aan ’n internasionale winterskool in Johannesburg deelneem, waar sy deur internasionale […]
Baie geluk, Bernice
Bernice Klopper is deur die NWU genooi om saam met Susan Yondt van Swede, ‘n internasionaal bekende Amerikaanse pianis, in ‘n trio te speel. Dit is ongelooflik dat ons leerders sulke geleenthede kry om internasionale blootstelling te ontvang. Gimmies is trots op Bernice!
NW-atletiekspan
Gimmies spog met 27 atlete wat tot die Noordwes-atletiekspan verkies is. Dié atlete gaan die vakansie aan die SA’s in Port Elizabeth deelneem. Phemelo Molale Miandi van Staden Abrie Kruger Danielle Verster Karmen Fouché Liam Walsh Lumka Gebengana Petra Steinmann Armand Willemse Riandi Boshoff Almero Niemann Lee-Ann Grobbelaar Wiané Joubert Nardus Swart Wihan van der […]
Uitslae teen Die Anker
Baie geluk aan al die sportspanne wat die naweek teen Die Anker gespeel het. Gimmies het hul uitstekend van hul taak gekwyt en 25 uit die 37 wedstryde gewen. Baie geluk, ons is trots op julle! Rugby: o/14A 5-19 o/14B 24-0 o/15A 5-5 o/15B 5-19 o/16A 5-7 o/16B 7-19 1ste 38-34 2de 8-5 3de 21-12 […]
Baie geluk, Nadine
Baie geluk aan Nadine Nel wat uitgenooi is om aan die nasionale proewe, wat op 12 April in Tzaneen plaasvind, te gaan deelneem. Hierdie proewe sal bepaal wie in die BJI nasionale SA-Skolespan is, wat in Augustus vanjaar na Engeland toer. Baie sterkte, Nadine, Gimmies sal styf duim vashou!
Landloop
Baie geluk aan drie Gimmies wat besondere prestasies in landloop behaal het. Aston Diedericks ontvang die trofee vir beste junior landloopseun. Danielle Verster ontvang die trofee vir beste junior landloopdogter. Abrie Kruger ontvang die wisseltrofee vir beste landloopseun. Gimmies is trots op julle!
Skyfskietkompetisie
Gimmies presteer puik tydens interprovinsiale skryfskietkompetisie Tydens die interprovinsiale skyfskietkompetisie het vier Gimmies uitstekend presteer. Ses provinsies en nagenoeg 200 skuts het deelgeneem. o/16 – Nadine Nel, 2de – Joriëtte Oosthuizen, 58ste o/21 – Michael Botha, 14de – Jomarie Oosthuizen, 25ste Baie geluk!