Gimmies gee vir die gemeenskap om!
Ya Rona-kleuterskool in Ikageng het ongeveer 120 kleuters. Gimmies het na dié skooltjie uitgereik en die kleintjies met broodjies, koeldrank, kolwyntjies (wat die ATKVonk-leerders self gebak het) en lekkers bederf.
Die hoogtepunt was natuurlik die waterglybaan.