En daar doen Gimmies dit alweer!
Vir die tweede keer word Gimmies deur die Minister van Onderwys, Angie Motshekga, as die beste kwintiel 4-skool in die land aangewys. Ons bars behoorlik van trots oor dié puik prestasie!
Sy is tog ‘n Gimmie
Gimmies is baie trots om te kan sê dat Lara Badenhorst een van 48 finaliste is wat aan die talentkompetisie Maak My Famous deelneem. Lara is in die spesialiteitskategorie opgeneem. Dié program word op 18 April om 20:00 op kykNET kanaal 144 en ook op kykNET & kie uitgesaai. Baie geluk en sterkte, Lara. Gimmies staan bankvas […]