Skaakmat

Baie geluk aan Anaïs Saayman en Dewald Lubbe wat tydens die vakansie aan die Suid-Afrikaanse Junior Geslote-skaakkampioenskappe deelgeneem het. Beide het in die top 10 in hul onderskeie ouderdomsgroepe in die land geëindig.  

Kayleigh, die ruiter!

Baie geluk aan Kayleigh Walker wat aan die SANESA skole vlak 2 deelgeneem het en vir al vyf haar items ’n eerste plek behaal het.  Kayleigh was ook aangewys as algehele wenner. Sy het ook aan die SAWMGA-byeenkoms deelgeneem en ’n algehele vierde plek behaal. Baie geluk!  

Mooi so, Micha!

Baie geluk aan Micha Kriek wat in Germiston aan SA vlak 3 swem deelgeneem en ’n 2de plek in die 50m vryslag behaal het.

Tweekamp

Drie Gimmies het aan die SA Tweekamp byeenkoms gaan deelneem en soos gewoonlik pui presteer. Baie geluk aan Sunel Smit met haar 6de ple, Marco Taljaard met ’n 9de plek en Anika Rossouw wat ’n 13de plek behaal het.    

Mooi so, oud-Gimmies!

Baie geluk aan Marco en Duan Jansen, twee oud-Gimmies, wat hul eerste “franchise” kontrak met die Knights in Bloemfontein geteken het. Marco is ook in die Knights se “Ram Slam” T20-span ingesluit. Ons is trots op julle!

Landloop

Baie geluk aan Danielle Verster wat algeheel 46ste van 111 landloopatlete tydens die wêreldkampioenskappe geëindig het. Algeheel eindig Danielle 4de van die Suid-Afrikaners en die SA-span eindig 5de. Ons is baie trots op jou, Danielle. Ons weet jy het jou bes gedoen ten spyte van die moeilike terrein. Ons is trots op jou  

Gimmie-atlete presteer

Gimmie-atlete presteer puik by ASA Jeug- en Juniorkampioenskappe Gimmies is baie trots op die atlete wat aan die ASA Jeug- en Juniorkampioenskappe deelgeneem het. Gimmies is ongelooflik trots op Miandi van Staden wat in twee items ‘n goue medalje verower het. Sy is die SA- jeugkampioen in die 100- en 200m. Baie geluk, atlete! Die […]

17 Medaljes tydens SA’s

Nie net kry Gimmies se atlete dit reg om 17 medaljes tydens SA’s in te palm nie, maar ook om Gimmie-geskiedenis te maak! Karmen Fouché, Phemelo Molale en Miandi van Staden het nuwe hoogtes bereik deur 12 medaljes tussen hulle te verower. Ons is vreeslik trots op elke atleet wat sy/haar beste gegee het. Phemelo […]

Marjuzel, jou yster!

Baie geluk aan Marjuzel Venter wat tydens die vakansie in die SA-tennisspan opgeneem is. Ons is baie trots op jou!