Miandi, jou yster!
Tydens die CAA Afrika Jeug- en Juniorkampioenskappe in Abidjan, Ivoorkus, het Miandi daarin geslaag om eerste in die 100m te kom. Dit maak van haar die 100m-jeugkampioen in Afrika. Baie geluk, Miandi! Ons is ongelooflik trots op jou.
Gimmie-swemmers maak skoonskip
Baie geluk aan die drie Gimmies wat tydens die SA-jeug swemkampioenskappe uitstekend presteer het. Al drie het onder die top 150 in Suid-Afrika geëindig en selfs teen Olimpiese kampioene soos Chad le Clos, Ryan Coetzee en Brad Tandy geswem. Dit wil gedoen wees! Theo Ferreira: 50m vryslag, 32ste 100 vryslag, 7de 200 vryslag, 6de 50m […]
Bioscience- en NW-olimpiade
Bioscience- olimpiade: Johan Klopper, Karli Steyn, Kara Mostert en Amira Botha verwerf bronssertifikate by die Bioscience- olimpiade. Natuurwetenskappe-olimpiade: Marco Terblanche verwerf ‘n silwersertifikaat en Sheny Nolte, Danielle Goedhals, Juan Aslett en FC Deacon bronssertifikate. Mooi so, Gimmies!
Muurbaltoernooi
3 Gimmies presteer tydens muurbaltoernooi Baie geluk aan drie Gimmies wat tydens Maart aan die SA Geslote-muurbaltoernooi deelgeneem het. Julle maak ons trots! Dogters o/16: Elske Garbers, 3de Seuns o/16: Dylan Niemack, 3de Wolfie Hamm,9de
NWU-Prestige-sportreeks kwartfinaal
Gimmies wen 20 wedstryde tydens NWU-Prestige-Sportreeks Baie geluk aan al die Gimmie-sportspanne wat tydens die kwartfinaal van die NWU-Prestige-Sportreeks Gimmie-guts gewys het. Rugby: o/14A Gimmies 17-29 Oosterlig o/14B Gimmies 44-0 Oosterlig o/15A Gimmies 45-12 HTS Witbank o/15A Gimmies 50-10 Oosterlig o/16A Gimmies 10-56 Noordheuwel o/16B Gimmies 30-0 HTS Witbank 1ste Gimmies 28-29 Noordheuwel 2de Gimmies […]
4 Silwermedaljes
4 Silwermedaljes tydens SA vlak 3 swem Jack Cameron het van 3 tot 5 April in Polokwane aan die SA vlak 3 swem deelgeneem. Tydens dié byeenkoms het hy vier silwermedaljes los geswem. Geluk met jou puik prestasies!