Muurbalspelers presteer puik

Baie geluk aan Elske Garbers, Wolfie Hamm, Gerhard Koornhof en Dylan Niemack wat in die SA-muurbalspan opgeneem is wat in Junie gaan deelneem. Dié vier dring ook na die interprovinsiale toernooi deur wat einde Junie plaasvind. Mooi so. Julle maak ons trots!  

SA-seniorkampioenskappe

Gimmies word by die SA-seniorkampioenskappe verteenwoordig Baie geluk aan Suneel Lourens en Danielle Verster wat aan die SA-seniorkampioenskappe deelgeneem en Gimmies se naam hoog gehou het. Hierdie atlete het saam met groot name soos Caster Semenya gehardloop. Suneel behaal ’n 11de plek in driesprong en Danielle ’n 10de plek in die 1500m.

NWU-Prestige-sportreeks finaal

Gimmies eindig vierde in die NWU-Prestige-sportreeks! Gimmies is baie trots op die onderskeie sportspanne wat puik presteer het. Dankie aan elke leerder wat sy/haar beste gegee het. Dankie aan al die ouers vir volgehoue ondersteuning en hulp. Gimmies slaag daarin om 25 wedstryde te wen. Tennis eindig algeheel eerste. Skaak eindig algeheel eerste (deel posisie […]

Nog medaljes word ingepalm

Baie geluk aan die o/16A- en tweede netbalspan wat puik in die NWU-Prestige-sportreeks presteer het. Die o/16A-span eindig eerste en die tweede span tweede. Gimmies se netbal eindig algeheel vierde in die NWU-Prestige-sportreeks!  

Die soete smaak van oorwinning

Baie geluk aan ons o/16A- en eerste seunshokkiespanne en die o/14A-, tweede- en eerste dogtershokkiespanne wat onder die top drie spanne in die NWU-Prestige-sportreeks geëindig het. Die o/16A-seunspan speel gelykop teen Middelburg en is gesamentlik eerste. Die o/14A-dogters speel gelykop teen Noordheuwel en is gesamentlik eerste. Die tweede dogterspan speel gelykop teen Zwartkop en is […]

Wenners

Baie geluk aan die skaak- en tennisspanne wat algeheel eerste in die NWU-Prestige-sportreeks geëindig het. Die juniorskaakspan eindig eerste en die seniorspan vierde. Algeheel is Gimmies se skaak eerste en ons deel dié posisie met Zwartkop. Die juniortennisspan wen Randburg en eindig eerste en die seniorspan wen Potch Volkies en eindig derde. Algeheel eindig Gimmies […]

Klomp langasems bymekaar

Baie geluk aan Gimmies se landloopspan wat algeheel derde in die NWU-Prestige-sportreeks geëindig het. Dit is ’n puik prestasie waarop ons baie trots is.

NWU-Prestige-sportreeks semifinaal

Baie geluk aan al die Gimmie-sportspanne wat tydens die semifinaal van die NWU-Prestige-Sportreeks Gimmie-guts gewys het. Baie sterkte aan al die spanne wat Dinsdag en Woensdag in die finaal dit gaan uitspook. Ons weet dat elke span die skool sal trots maak. Die volgende spanne speel vir posisie een of twee uit: Junior skaak Junior […]