Gimmies eindig vierde in die NWU-Prestige-sportreeks!
Gimmies is baie trots op die onderskeie sportspanne wat puik presteer het.
Dankie aan elke leerder wat sy/haar beste gegee het. Dankie aan al die ouers vir volgehoue ondersteuning en hulp.
Gimmies slaag daarin om 25 wedstryde te wen.
Tennis eindig algeheel eerste.
Skaak eindig algeheel eerste (deel posisie met Zwartkop).
Seunshokkie eindig algeheel eerste.
Landloop eindig algeheel derde.
Netbal eindig algeheel vierde.
Dogtershokkie eindig algeheel vierde.
Gholf eindig algeheel negende.
Rugby eindig algeheel twaalfde.
Noordheuwel wen die reeks, met Marais Viljoen in die tweede plek en Zwartkop in die derde plek.